Pages

Friday, August 27, 2010

Kennis met die 'Corps of Cadets'

Ons eerste kennis met die 'Corps of Cadets' was angswekkend.  Die heel eerste nag in 'n vreemde bed en so skuins na 5h hoor jy vreemde krete van buite wat jou baie aan die weermag laat dink.  Loer verbysterd by die venster uit om te sien of die 'kakies' op ons is en sien hoe hierdie vreemde wesens voor ons koshuis masjeer en luidkeels skree!  Wat 'n eerste indruk?


Na verdere ondersoek vind ons uit wie hierdie wesens is?  Dit is voltydse studente wat graag weermag toe sal wil gaan soos die kadette van ouds!  Hier oefen hulle vir 'n seremonie wat die Saterdag plaasgevind het... amazing

Tot 'n orkes?


Hier is die kadette met ons koshuis in die agtergrond!  Is dit nie mooi nie?  Die weer is baie warm - baie soos Durban, humied en ons moes omtrent aanpas.

No comments:

Post a Comment