Begin van onder af lees en volg dan na bo... Geniet dit!
Sunday, August 29, 2010
Newriver
Saterdag 28 Augustus 2010. Jarrad (ons nuwe maatjie) was so gaaf om ons vir die dag uit te vat na 'n nabygeleë rivier waar ons die middag uitgekamp het. Ons het een van hierdie 'tubes' gehuur waarmee jy dan omtrent vir 'n uur rivier af 'float'. Ons is selfs deur een 'rapid'. Was baie pret waarna ons 'n bietjie in die water baljaar het.
Van links is Jarrad, Kate, Antoinette en Jannie
Van links is Jarrad, Kate, Antoinette en Jannie
Kong Fu Fighting!
Ek kon nog nie mooi agter die kap van die byl kom nie, maar die mense gaan groot met hierdie 'sport'! Vir my is dit net nog 'n tipe vermaak...
Gobblerfest 2010
Vrydag, 27 Augustus 2010. Ons was by die Gobblerfest op kampus. Hul het verskeie strate afgeblok en dan kon al die aksies, banke, kerke en nog meer hul aktiwiteite d.m.v. 'n stalletjie bekendstel. Daar was verskeie 'bands' wat vir die musiekvermaak gesorg het en 'n lekker atmosfeer.
Friday, August 27, 2010
Dit is hoe 'n tipiese klaskamer in die Landbou-fakulteit lyk. Heel netjies en natuurlike oranje en maroon (amptelike kleure van Virginia Tech) en ek glo julle gaan nog baie daarvan sien.
Elke klas het 'n elektroniese horlosie en glo my hul begin presies op die minuut met die klas en hou presies op die minuut op - praat van op tyd! So is ons eerste week van klas verby en kan ek nog nie glo ek sit aan die ander kant van die wêreld nie. Moet sê ek mis julle vreeslik baie. Hou tog aan met die boodskappies. Dit was Yolandi Kruger, regstreeks uit Main Campbell Hall, Virginia Tech, Blacksburg, Virginia, USA. Tot later...

The Welcoming Picnic
Sondag 22 Aug 2010 was ons verwelkom met 'n piekniek op hul 'Football Stadium' wat ongeveer 60 000 mense kan vat. Ons het elkeen 'n warm verwelkoming gekry (soos jy deur die tonneltjie instap) waarna al die sportspanne aan ons bekend gestel is. Die orkes was weer teenwoordig en was omtrent 'n skouspel. Kan egter nie wag om 'n volwaardige football game te gaan kyk nie!
Dit alles was net in die eerste 3 dae vanaf aankoms in Blacksburg! En kyk... regte cheerleaders soos in die movies! Ons het vinnig agtergekom dat as jy nie 'VT' klere dra nie - is jy nie cool nie. Jy kan tot 'n Hokie-mom of Hokie-dad raak, vra my ma!

Look at the view!
Dit is hoe dit lyk vanuit ons kamer. Ek, Antoinette en Jannie bly in dieselfde koshuis - Main Campbell Hall en voor julle sien julle die 'drillfield'.
Oorkant die 'drillfield' is die hoofgebou van die Universiteit waar die USA vlag ook trots wapper.
Dit is ons voordeur
Oorkant die 'drillfield' is die hoofgebou van die Universiteit waar die USA vlag ook trots wapper.
Dit is ons voordeur
Hallo Hokies!
Ons hoor ons is nou Hokies! Hier het ons geleentheid om saam die Hokie Mascot ('n Turkey!) te staan vir 'n foto'tjie
Kennis met die 'Corps of Cadets'
Ons eerste kennis met die 'Corps of Cadets' was angswekkend. Die heel eerste nag in 'n vreemde bed en so skuins na 5h hoor jy vreemde krete van buite wat jou baie aan die weermag laat dink. Loer verbysterd by die venster uit om te sien of die 'kakies' op ons is en sien hoe hierdie vreemde wesens voor ons koshuis masjeer en luidkeels skree! Wat 'n eerste indruk?
Na verdere ondersoek vind ons uit wie hierdie wesens is? Dit is voltydse studente wat graag weermag toe sal wil gaan soos die kadette van ouds! Hier oefen hulle vir 'n seremonie wat die Saterdag plaasgevind het... amazing
Tot 'n orkes?
Hier is die kadette met ons koshuis in die agtergrond! Is dit nie mooi nie? Die weer is baie warm - baie soos Durban, humied en ons moes omtrent aanpas.

Ons aankoms!
Ons is in die vreemde gelaat! Gelukkig was Prof Izak daar om ons te ontvang en ons onder sy vlerk te neem vir die eerste week voordat hy teruggekeer het SA toe!
Na 'n baie opgewonde begin, lang koebaais en genoeg senuwees het ons reis begin...
Ons het baie lank gevlieg... omtrent 22 uur, een vlug gemis (vanaf Heathrow na Washington) en ek het dit reg gekry om op Washington lughawe van die trop af te dwaal en nuwe weë gevind. Na 'n paar uur het 'n skaapwagtertjie (Ian en SW) my en Nomsa egter kom red!
Hierdie was die beertjie op Heathrow lughawe waar ons etlike ure op die bankie spandeer het!
Tuesday, August 3, 2010
Welkom!
Hallo alle vriende en familie. Hartlik welkom by my blog. Hier sal ek jul met graagte op hoogte hou van my jongste manewales. Ek hoop julle geniet hierdie avontuur saam met my en moenie huiwer om kommentaar of voorstelle deur te gee nie. Cheerio
Subscribe to:
Posts (Atom)