Ek was die naweek saam met Jessey, my nuwe maatjie huis toe na haar ouerhuis. Na so 5 ure se ry na die Ooskus het ons hierdie 'scenery' teegekom!
Dit is hul huis se voorfront...
Toe ek so stappie om die blok vat sien ek my bakkie se double! Ek dink net myne lyk mooier...
Het my weg terug gevind na Weblin Farm Road...
Vrydag het ons in Williamsburg rondgewandel, dit is 'n baie ou dorpie en die mense loop in karakter rond soos baie jare gelede, dit was reënerig so dit was baie stil, gelukkig het ek toe Dr Quin se kleindogter raakgeloop,hehe.
Saterdag het ons na Jessey se kerk se Vroue retreat gegaan. Was die hele dag met ongeveer 70 vrouens. Was baie oulik, maar Agapé se damestee vat nogsteeds die koek!
Dis hoe die strate in Virginia Beach lyk... alles behalwe 'n stranddorpie. Op sommige plekke 5 en 6 bane net in een rigting!
Sondag oggend was ons na Grace Bible Church. Jessey se pa is aan die voortou daar. Baie lekker gewees! Kyk die koortjie en natuurlike die vleuel-klavier!
En toe kom ons uiteindelik by die see uit!!! Maar waar is die branders?
En Jessey!
Dis nou Hartenbos se wandelpad reloaded,haha. Beter bekend as die Boardwalk
In plaas daarvan om trapbootjies te huur kan jy 'n trapfietsie ook kry vir die hele familie!
Hier is ek by Neptune, die Griekse god van water. Beter bekend as Muriel se pa in Little Mermaid,haha.
Uit en tuis na 'n baie lekker naweek van kuier, bederf en nuwe vriendskappe! Jessey en haar ma Lynn Woodward. Baie baie dankie!
No comments:
Post a Comment