Pages

Monday, November 29, 2010

New York

Ek weet ek was 'n bietjie stil vir 'n lang tyd, maar is opgewonde om te sê ek is terug met sommer baie foto's en nuus!  Ek moes net vir 'n rukkie doen waarvoor ek gestuur is en dit was om te swot, hehe.

Vanaf 21 - 26 November het ons Thanksgiving Break gehad en het ons Suid-Afrikaners die pad na die groot appelstad aangedurf... New York!  Met die intrapslag, 'n Saterdag middag skuins na 12h het ons met al ons tassies in die middestad van Manhattan beland, oops.
 Op dag een was ons eerste stop Tannie Liberty.  Hier is die uitsig van die boot af oor Manhattan.
 En kyk hoe kyk sy vir my?
 Hierdie is vanaf die eiland waarop die Statue of Liberty staan met Manhattan in die agtergrond.

 Kyk hoe lyk die strate!  Dis crazy!
 Hierdie foto is geneem vanuit die Empire State building.  Dit was die hoogste gebou ek dink in 1930 of so iets.  Geskiedenis was nog nooit my hoogtepunt nie, jammer!
 Toe gaan drink ek gou 'n doppie (ag ek bedoel 'n teetjie) saam George Clooney.  Ons was in Madamme Tussauds, 'n wax museum van 'n groot klomp bekendes.  En hulle het so mooi stilgesit en gestaan vir die foto'tjies?!
 Volgende stop:  Die Withuis.  Ek het 'n paar dinge gehad om te sê vir President Obama en sy vroutjie was ook alte vriendelik...
 ?! Ek kan nie onthou watter gebou hierdie is nie, maar dit het mooi gelyk...
 Nog 'n hoë gebou - Top of the Rock.  In die agtergrond is Central Park, 'n baie mooi, baie groot park wat help dat die mense wat hier bly nie mal word nie.  Dink ek het meer as so 'n park nodig as ek hier sou wou bly,haha.
 Central Station - hierdie 'scene' moes julle al in 'n paar flieks gesien het.  Gewoonlik is een op die trein en die geliefde hardloop agterna, tog so dramaties!
 Canal street - die straat staan bekend vir sy winskopies.  Oral in die strate is mense wat hulle handsakkies, serpe en New York embleme wil verkoop.
 Op Thanksgiving, Donderdag 25 Nov het New York die groot, alombekende Macy's Thanksgiving Parade gehou.  Hulle het 3 en 'n half miljoen mense verwag in die strate van Manhattan.  Ons was soos goeie toeriste al voor 7h op die straat vir die parade wat eers 9h begin het en soos julle kan sien het ons goeie spots gekry met 'n mooi uitsig.
 Die parade het omtrent vir 3 ure aangehou en allerhande groot balonne, marching bands en bekende persoonlikhede het daar verby gewals - was nogal iets om te beleef.  Die meeste mense in die USA kyk gewoonlik hierdie parade op die tv.




 En ou Ronal McDonald was ook daar!
 En Shrek!
 Kong Fu Panda (ek was nog altyd 'n pandabeer-fan)

 Kyk Hes, jy was ook hier!
 Hierdie deel was my gunsteling.  Ek noem hulle sommer die poopscoopers.  Hulle het agter die perde in die parade geloop en die poop gescoop - hulle het die meeste cheers gekry!
 Ek het bietjie oor die Brooklyn bridge gestap en 'n nader aangesig van die karre en geboue en brûe gekry.


Toe loop ek vir Wallace raak, 'n student aan Virginia Tech van Hong Kong, haha.  Wie sou nou kon raai?  Toe neem ons maar 'n kiki.  Dis al vir eers folks, tot later!

No comments:

Post a Comment