En toe breek die dag aan, 9 Oktober 2010. Ons pak Washington aan per voet... Hier staan ek voor die 'Capital Building' - hier binne gebeur baie dinge wat 'n groot invloed op ons ekonomie het. Moet my net nie vra wat nie?
Jip, en ek was daar...
Ons het toe in die 'Air and Space-museum' gegaan. Hier is die eerste vliegtuig deur die Wright brothers... Te danke aan hulle dat ek vandag hier sit!
Die Washington monument...
Aan die agterkant (of voorkant) van die Washington monument. Oorkant sien jul die Lincoln Memorial met die 'Reflecting pool' tussenin.
Hierdie is op die trappe van die Lincoln Memorial met die Washington Museum in die agtergrond. O ja, en hope mense... Het selfs ander Suid-Afrikaners teegekom(gepraat)
Hier staan Jannie voor die Federal Reserve. Die Reserwebank. Hierdie gebou het nogal 'n groot invloed op hulle (en ons) ekonomie. Nogal invloedryk sou ek sê...
Waarvoor julle almal gewag het... Die Withuis! Die feit dat die vlag gehys is beteken Pres. Obama is daarbinne,hehe!
En ek was daar...
Dis hoe sy straat lyk, altyd vol mense?
Toe ons nog so lekker staan en chill verskyn die Secret Service met hul skerpskutters op die dak en bekyk ons met 'n verkyker. Toe verskyn daar mense by die deur en paar minute later kom die polisie en jaag al die mense weg in die straat,haha. Vandag in die koerant gelees daar was een of ander belangrike mense. So of hulle wou in of Obama wou uit, jammer ons is so groot risiko vir sy veiligheid!
Daar is nogal baie fancy karretjies in die strate en baie van hul word rondgery. Living the dream, yeah
Sommer 'n bietjie van die strate en geboue in D.C
Die FBI gebou!!! Ek was nog altyd 'n fan van aksie-movies met die FBI daarin.
En ek was daar...
Washington D.C. in die skemer...
En toe vat ons weer 'n treintjie huis toe, gedaan en pootuit (letterlik) na 'n dag in D.C.
Voor ons ons oë kon uitvee is die naweek iets van die verlede en was dit tyd om te groet. Baie dankie vir die Klassen-familie wat ons op die hande gedra het! Van links is Antoinette, Mrs Klassen, Jannie, Michelle, Mr Klassen en Michelle se sussie, Lindsey. So kom alle goeie dinge ook tot 'n einde...
No comments:
Post a Comment