Die naweek het ons die geleentheid gehad om saam met Michelle na haar ouerhuis in Baltimore te gaan en daar te gaan kuier. Hier is die voorkant van hul huis...
Vrydagoggend het ons eers Baltimore verken en na die 'Inner Harbor' gegaan. Die weer was baie lekker! Van links is Antoinette, ek en Michelle
?!
?!!!! Dink ek is reg vir die winter?
Baltimore staan ook bekend as die 'Crab City',haha.
Die aand het Michelle se oupa en ouma ook oorgekom en hul het ons bederf met baie lekker kossies (steak en hoender) en goeie geselskap.
Michelle se oupa was in 1996 in Suid-Afrika. Hier het hy sy fotoboek met ons gedeel. Dit was baie interessant! Van links is Michelle se pa, Mr Greg Klassen, haar oupa Mr Klassen, Antoinette en Jannie.
En toe het ons die aand afgerond met 'n lekker vuurtjie, whooo
Hier is Michelle en haar ma, Mrs Vicki Klassen in die kombuisie besig. Baie baie dankie!
No comments:
Post a Comment