Pages

Monday, November 29, 2010

Zach se huis - Washington DC

Oppad terug van New York af het ek, Lize en SW in Washington aangegaan en by Zach, 'n nuwe vriendjie gaan kuier.
 Hier staan ons weer voor die Withuis. Van links is Zach, Lize, SW en ek.
 Ons het bietjie laat by die Capital Building uitgekom toe is dit al donker.  O ja, dit word nou al 5h in die middag hier donker - omtrent weer 'n aanpassing!
 En dit was baie baie koud!!!
 Net voor ons vertrek het ons eers stilgestaan vir 'n foto'tjie of twee...
 Hier sit ons saam Zach se stiefsussie en sy ma, Kathy.
 Saam die hele fam, en regs is Ron.  Hy is 'n musikant en ons het die vorige aand bietjie gejam,hehe.
 Oppad terug het ek my moed bymekaar geskraap en die verkeerde kant van die pad agter die stuur aangedurf.  Niemand is tydens opname van die gebeurtenis beseer nie.

Dit was omtrent 'n aksiebelaaide Thanksgiving week en ek dink nie New York, Washington of een van ons is dieselfde daarna nie.  Bly ingeskakel vir die nuus oor Kerstyd...

No comments:

Post a Comment