Pages

Monday, October 18, 2010

Virginia Beach 14-18 Oktober 2010

 Ek was die naweek saam met Jessey, my nuwe maatjie huis toe na haar ouerhuis.  Na so 5 ure se ry na die Ooskus het ons hierdie 'scenery' teegekom!
 Dit is hul huis se voorfront...
 Toe ek so stappie om die blok vat sien ek my bakkie se double!  Ek dink net myne lyk mooier...
 Het my weg terug gevind na Weblin Farm Road...
 Vrydag het ons in Williamsburg rondgewandel, dit is 'n baie ou dorpie en die mense loop in karakter rond soos baie jare gelede, dit was reënerig so dit was baie stil, gelukkig het ek toe Dr Quin se kleindogter raakgeloop,hehe.
 Saterdag het ons na Jessey se kerk se Vroue retreat gegaan.  Was die hele dag met ongeveer 70 vrouens.  Was baie oulik, maar Agapé se damestee vat nogsteeds die koek!
 Dis hoe die strate in Virginia Beach lyk... alles behalwe 'n stranddorpie.  Op sommige plekke 5 en 6  bane net in een rigting!
 Sondag oggend was ons na Grace Bible Church.  Jessey se pa is aan die voortou daar.  Baie lekker gewees!  Kyk die koortjie en natuurlike die vleuel-klavier!
 En toe kom ons uiteindelik by die see uit!!!  Maar waar is die branders?
 En Jessey!
 Dis nou Hartenbos se wandelpad reloaded,haha.  Beter bekend as die Boardwalk
 In plaas daarvan om trapbootjies te huur kan jy 'n trapfietsie ook kry vir die hele familie!
 Hier is ek by Neptune, die Griekse god van water.  Beter bekend as Muriel se pa in Little Mermaid,haha.
Uit en tuis na 'n baie lekker naweek van kuier, bederf en nuwe vriendskappe!  Jessey en haar ma Lynn Woodward.  Baie baie dankie!

Sunday, October 10, 2010

Washington DC

 En toe breek die dag aan, 9 Oktober 2010.  Ons pak Washington aan per voet...  Hier staan ek voor die 'Capital Building' - hier binne gebeur baie dinge wat 'n groot invloed op ons ekonomie het.  Moet my net nie vra wat nie?
 Jip, en ek was daar...
 Ons het toe in die 'Air and Space-museum' gegaan.  Hier is die eerste vliegtuig deur die Wright brothers...  Te danke aan hulle dat ek vandag hier sit!
 Die Washington monument...
 Aan die agterkant (of voorkant) van die Washington monument.  Oorkant sien jul die Lincoln Memorial met die 'Reflecting pool' tussenin.
 Hierdie is op die trappe van die Lincoln Memorial met die Washington Museum in die agtergrond.  O ja, en hope mense...  Het selfs ander Suid-Afrikaners teegekom(gepraat)
 Hier staan Jannie voor die Federal Reserve.  Die Reserwebank.  Hierdie gebou het nogal 'n groot invloed op hulle (en ons) ekonomie.  Nogal invloedryk sou ek sê...
 Waarvoor julle almal gewag het...  Die Withuis!  Die feit dat die vlag gehys is beteken Pres. Obama is daarbinne,hehe!
 En ek was daar...
 Dis hoe sy straat lyk, altyd vol mense?
 Toe ons nog so lekker staan en chill verskyn die Secret Service met hul skerpskutters op die dak en bekyk ons met 'n verkyker.  Toe verskyn daar mense by die deur en paar minute later kom die polisie en jaag al die mense weg in die straat,haha.  Vandag in die koerant gelees daar was een of ander belangrike mense.  So of hulle wou in of Obama wou uit, jammer ons is so groot risiko vir sy veiligheid!
 Daar is nogal baie fancy karretjies in die strate en baie van hul word rondgery.  Living the dream, yeah
 Sommer 'n bietjie van die strate en geboue in D.C

 Die FBI gebou!!!  Ek was nog altyd 'n fan van aksie-movies met die FBI daarin.
 En ek was daar...
 Washington D.C. in die skemer...
 En toe vat ons weer 'n treintjie huis toe, gedaan en pootuit (letterlik) na 'n dag in D.C.
Voor ons ons oë kon uitvee is die naweek iets van die verlede en was dit tyd om te groet.  Baie dankie vir die Klassen-familie wat ons op die hande gedra het!  Van links is Antoinette, Mrs Klassen, Jannie, Michelle, Mr Klassen en Michelle se sussie, Lindsey.  So kom alle goeie dinge ook tot 'n einde...

Baltimore, Maryland 7-10 Oktober 2010

 Die naweek het ons die geleentheid gehad om saam met Michelle na haar ouerhuis in Baltimore te gaan en daar te gaan kuier.  Hier is die voorkant van hul huis...
 Vrydagoggend het ons eers Baltimore verken en na die 'Inner Harbor' gegaan.  Die weer was baie lekker! Van links is Antoinette, ek en Michelle
 ?!
 ?!!!!  Dink ek is reg vir die winter?
 Baltimore staan ook bekend as die 'Crab City',haha.

 Die aand het Michelle se oupa en ouma ook oorgekom en hul het ons bederf met baie lekker kossies (steak en hoender) en goeie geselskap.
 Michelle se oupa was in 1996 in Suid-Afrika.  Hier het hy sy fotoboek met ons gedeel.  Dit was baie interessant!  Van links is Michelle se pa, Mr Greg Klassen, haar oupa Mr Klassen, Antoinette en Jannie.
 En toe het ons die aand afgerond met 'n lekker vuurtjie, whooo
Hier is Michelle en haar ma, Mrs Vicki Klassen in die kombuisie besig.  Baie baie dankie!

Monday, October 4, 2010

Fall Retreat 2010

 Van 1-3 Oktober was dit tyd vir die langpad na Ridgecrest in South Carolina vir 'Cru Ministries' se jaarlikse 'Fall Retreat'.  Ek het besluit om nadere ondersoek in te stel...
 Daar was tussen 200 en 300 studente van eerstejaars tot vierdejaars...
 Ons het lekker 'praise en worship' en goeie lering uit die Woord gekry...
 En dan natuurlik nuwe maatjies gemaak?  Van links is Kristen, Jessey en Marla
 Ek en Michelle, sy gaan volgende jaar Suid-Afrika toe kom, so raak bekend met die gesiggie!
 Dit is net voor die hoofingang van die saal waarin ons elke dag vergader het.
 Saterdagaand het ons 'n lekker bonfire gehad en kon marshmallows braai (as jy dit reggekry het om nie jou hare te skroei in die proses nie!)
Dit was baie lekker en ek het inderdaad 'n ander dimensie van die Amerikaners leer ken.  Have a nice day yall! ('Slang' vir you all?!)