Pages

Thursday, September 30, 2010

State Fair 2010

 Op 29 September het ek die voorreg gehad om saam met die Ag-Econ 'club' by jul jaarlikse 'State Fair' te gaan werk.  Dit is 'n kombinasie tussen Nampo, Bloemskou en die kunstefees! 
 Die stalletjie het die 5 top graansoorte van die US in 'n bak gehad en die kinders kon hul eie 'grain bag' kom volmaak met al die grane.  Ons moes hul dan vertel wat dit is, waarvoor jy dit gebruik en my voorreg was om hul te vertel waar die brood op hul tafel vandaan kom!
Na die werkery (ek het halfdag verdwyn,haha) kon ek bietjie rondloop en die dinge gaan uitkyk.  Van beeste wat geskou is tot skape en ek het 'n varkresies gesien!
Hierdie was die grootste pampoen en het die kompetisie loshande gewen.  Weeg 'n hele 815 pond!
 So, wat kan jy met 'n aartappeltjie maak?
 Ek was alte bly om te sien ek is nie die enigste Mr Potato fan nie!  Well Done! Ek sou natuurlik vir hul eerste plek gegee het, maar derde plek kan seker werk. (Weet nog nie wat die kompetisie was nie)
 Hallo Mr Hamburger en Tannie Lemonade?
 En die tannies het geleentheid gehad om hul staal te wys met die bakkery, net jammer ek kon nie 'n beoordelaar wees nie?
 Kyk!  Ek was deel van die Amerikaanse geskiedenis!
En die Indiane s'n?  Oops, I'm confused?!

Sunday, September 19, 2010

Football Game - Lane Stadium

Op 18 Septbember het ons ons eerste 'live' football game gaan kyk.  Die football is baie groot hier en ons kon dit eersehands beleef.
Dit was ook SW se verjaarsdag Saterdag - so groot vieringe het daardie dag plaasgevind.  Geluk SW!
Nadat die stadion geopen is met die USA volkslied het hul die kanon afgevuur.  Natuurlik my alie afgeskrik, hehe.
TIMEOUT!  Hier konfidereer ons span (Die in die maroon-pakkies wat in 'n sirkeltjie staan)
Van links, Jannie, Antoinette, SW, Lize en ek.  Lyk ons nie soos oulike Cheetatjies nie?
Die kadette het die openinseremonie behartig (dit waar die kanon inkom) en staan dan ook 'n lyntjie vir die spelers in hul 'moment of fame'.  Kan jul dink hoe goed die Cheetas sou speel as hul so opening gehad het?  En so oranje skare?
Daar tussen 60 en 70 spelers in een span.  Confused?
Gedurende halftyd het die 'band' vir ons 'n 'musical snack' voorberei.  Ek dink ons moet 'n paar van die lede invoer of wat sê ek?
Van links:  Die omie wat vir ons die kaartjies gegee het, ek en Antoinette. Hy het ook bygedra tot ons uitgebreide kennis van football...  Dankie Oom!

Tuesday, September 14, 2010

Disneyworld - Hollywood Studios

Hallo Mickey en Minnie!
Dis mos nou wat ek 'n kitaar noem?!
Kyk!  Jesus was ook daar!
Ah, your so cute I could eat you up!
Hier kon jy voel hoe dit gevoel het as ons almal ge'shrink' was en dis hoe die miere sou lyk, whoopa!
Hou vas jou matras
Hier het hul ons 'n paar 'stunts' gewys wat hul graag in aksie-flieks gebruik.  Met die ontploffing en als!
Hier was ook 'n 'roadshow starring Toy Story characters!"  Die soldiers het dit ook gemaak, left, left, left right left!
Well done soldiers - Disneyworld besoek - check!  Ek sal dit defnitief vir enigeiemand aanbeveel.  Nooit te oud om jou kinderdrome te laat waar word nie en defnitief 'n besoekie werd...

Disneyworld - Magic Kingdom

Op 10 en 11 September het ek die WONDERLIKE voorreg gehad om Disneyworld te gaan besoek - al my kinderlike verwagtinge is oortref en ons 5 het behoorlik soos klein kindertjies rondgehardloop!  Die eerste dag het ons Magic Kingdom gaan besoek (Disneyworld bestaan uit 'n klomp verskillende parke) daar het ons al die karakters gekry, van Mickey, Minnie, Donald en Daisy Duck tot Woody en Buzz Lightyear. 
Ek het my kinderheld vasgehou!  The one and only Mr Potatohead!

Hulle het sulke 'roadshows' gedurende die dag gehad wat baie dans en lag en musiek behels het.  Almal daar was die HELE tyd baie vriendelik en opgewek - iets om te beleef?!
Hier is die Kasteel van Magic Kingdom.  Ek het na die tyd gehoor dat alle geboue in Florida net 'n sekere hoogte mag wees, daarom het hulle die hoeke van die kasteel nie regop gebou nie, maar dit laat tilt na die binnekant toe en die boonste vensters kleiner gemaak sodat dit die effek gee dat die kasteel baie hoër is as wat dit werklik is.  Alles in die parke is met die fynste detail beplan en uitgevoer.

Wednesday, September 8, 2010

International Camp

On 4th September we went on a International Camp with the Cranwell Centre.  We went to Wilderness Adventure at eagle landing.  We were approximately 45 students representing more than 35 countries!
We went canoeing and did some teambuilding acitivities in the mountains.  It was quite fun throwing 7 languages in one and try to work as one team...
After that we went down a zipline - very nice!!!
It was alot of fun and we met very nice students.  Thanks Cranwell!

Friday, September 3, 2010

Ag Econ Piekniek

Donderdag, 2 September,  nog 'n piekniek!  Hierdie keer is dit vir die Landbou-Ekonomie studente en was dit by een dosent se huis (hy is ook ons academic advisor).  Sommer ook om te sien hoe hul huise hier lyk.
Langs sy erf is 'n openbare parkie (park!)  Dit nogal baie anders as wat ons gewoond!
Sy erf net agter die laning bome!
Dit is Kurt se uitsig oor sy bure se erf...
Hoe lyk daai vir 'n speelparkie?!  Jul wonder seker hoekom daar nêrens mense op is nie?  Ons het hulle nie afgeneem nie,haha!  Dan sê ek eers fluit fluit, my storie is uit.  Tot volgende keer! Ciao

Die melkery!

Dit was natuurlik die hoogtepunt.  Hul melkery baie mooi.  Hierdie is twee studente wat maaar diens  moet doen, haha
Die koeie bly altyd onder dak en hier is baie waaiers wat hul afkoel.  Hul kry hul kos hier en loop so 30m dan hul binne-in die stal.
Hier staan die anties gereed om gemelk te word. (Ek glo nie hul sal sleg voel as ek na hul verwys as 'anties' nie, want ek dink hul verstaan net Ingels!)
Hulle het twee melktye op 'n dag, 2:30pm en 2:30am. Ek baie bly ek hoef nie daai oggendskof te vat nie!

Die Varkies

En ons het die varke gaan besoek!  Toe het ek 'n bekende reuk gewaar - het my sommer laat tuis voel, hehe

Virginia Tech Proefplaas

Donderdag, 2 September.  Vandag was ek en Jannie na die Universiteit se proefplaas, dit was vreeslik lekker en ek het as 'n nuwe mensie teruggekeer!

Nice wheels!
Nou moet jul maar jul koppies draai!  Hul besig om 'n land voor te berei vir nuwe proewe...